Hanri Human - Mentor Session

I absolutely love doing one-on-one mentor sessions. I get to spend time with amazing people and we really get to know each other. This lovely mentor session was held at the beautiful Buitengeluk venue in Johannesburg. Thank you Hanri from Hanri Human Photography for a lovely day!

Hanri Human

From Hanri Human Weddings

And in Hanri’s own words: Schantel!!!

“JY WAS AWESOME!!! Dankie vir jou tyd, kennis & mentorskap- jy het geen idee hoe opbouend en waardevol dit vir my was nie. Jy gaan beslis NOG meer en meer gebless word. Jy het my hart & siel weer rustigheid gegee en opgewonde gemaak & niks geld in die wereld kan dit koop nie!
Dankie daarvoor!

Ek sal jou raad beslis volg & my admin goedjies vir jou  aanstuur - dit voel dalk soos iets so klein maar dit het my oe oopgemaak!

Waar sou ek leer wat jy my geleer het? Ek voel baie bevoorreg. :)

OKY ENNNN NOUUUUU volg

.... die AWESOME, 

ONGELOOFLIKE & UITGEREKTE paragraaf wat reflekteer op jou puik werkswinkel;

"Schantel se werkswinkel het werelde vir my oopgemaak. Sy deel haar tyd, kennis & raad met eerlikheid, opregtheid & liefde. Sy skroom nie een oomblik om jou te vertel presies wat jy wil weet nie- geheime, riglyne en al! Haar aansteeklike persoonlikheid, hart vir mense & passie vir fotografie sorg vir belowende mentorskap vir enige fotograaf, oud of jonk! Sy is 'n juweel in die fotografie industrie; nie net omdat sy mede fotograwe inspireer & motiveer nie maar ook omdat sy deurlopend ander opbou en ondersteun. Om saam met hierdie rolmodel van 'n vrou te kon sit & gesels was 'n voorreg & 'n waardevolle leerskool. Boonop het ek nie net met 'n mentor weggestap nie maar met 'n vriendin ook.

Dankie Schantel vir jou vrygewigheid, hart & menswees. Jy gaan nog baie fotograwe se lewens verander. Ons is gelukkig om jou as rolmodel te he :)

Baie liefde! Hanri Human|”